About Virseker

Die mense sê Virseker het die beste* diens in versekering, so ons nooi jou uit om dit self te kom ervaar.

Ons bied dekking vir amper alles van jou kar, huis en geboue tot selfs jou sonpanele, jaggeweer en gholfkarretjies. Ons produkte en dekking het verskillende planne met verskillende grade van dekking sodat jy net betaal vir wat jy nodig het, en as jy jou polisse kombineer kan jy spaar op jou premies.

Virseker is Suid Afrika se eerste en enigste korttermynversekeringsproduk wat jou diens 100% in Afrikaans en jou ook 100% bystaan in tye van nood met bystanddiens en voordele wat 24/7 aan jou beskikbaar is.

Key point illustration

1

Die mense sê Virseker het die beste* diens in versekering

Virseker is onlangs aangekondig as die beste korttermynversekeraar in die gesogte Ask Afrika Orange Index® 2024/2025 - ‘n maatstaf wat reeds vir 23 jaar die mees omvattende en wyd aangehaalde in die bedryf is, en aan die hand van onderhoude met meer as 48 000 kliënte bepaal word.

Key point illustration

2

Verskillende produkte en verskillende grade van dekking om by jou behoeftes te pas. Ons bied dekking vir:

  • Jou kar
  • Jou huisinhoud
  • Jou geboue
  • Jou sonpanele
  • Jou sleepwa
  • Jou draagbare besittings
  • Jou karavaan en sy inhoud
  • Jou motorfiets
  • Jou watertuig
  • Jou boot
  • Jou gholfkarretjie
  • Jou besigheid
  • Jou troeteldiere
  • Jou jaggeweer
Key point illustration

3

In Afrikaans, vir Afrikaans

Ons doen nie net dinge in Afrikaans nie, ons doen ook dinge vir Afrikaans. Met die hulp van ons polishouers het die Virseker Trust al meer as R160 Miljoen uitbetaal om ons taal en die gemeenskap by te staan, die sluit onder andere rentevrye studielenings in wat al meer as 200 studente kon help verder studeer.

Virseker is ‘n produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Beperk, ‘n gelisensieerde nie-lewensversekeraar en finansiële diensverskaffer, FDV 16354

Hippo mascot smiling and playful

Find the best insurance brands in your hands.